[kêrel soen sy pêrel saggies]
vou haar voutjies saggies oop
vryf haar vossies donsig los
blosend blossend - dosie - blos en bloos
vat haar daar ja bliefie lief
vat haar daar
vat haar vas
[moet net noggie nou gaan dos]
mallerige maanskyn
druppel maan
sy heuning by
druppel man
my hemel hy
hommel hom
kom hommel my
my bruidegom
bruidjie gom kom
kom hommel hom
bruid vol bruidegom
hommel hom jou hommelling
hommel hom o hommelmy
hommel my my liefsteling
hommel my jy heuningby
hommel hom o hemel tog
maan my maan my
man van my
wittebrood se eerste nag
om 'n gouering
onder die silwerkring
van 'n mannerige maan
bronsige liefde genaam
en gemaak
daar lê jou ster in my verskiet
droom ek nou my kinders op
droom ek 'n pondokkie ok
koesterhuis vol jou
liefde en nog klein jye
en baie baie veiligheid
dankie weer
dit was niks seer
dit was net lekker leer so dankie weer
weer 'n keer
dankie weer
en nog
venus vou
haar lepeltjie
om mars
en mars
se mannetjie
vrug venussie
daar was 'n dogtertjie
en 'n seun
nou lê daar 'n vroutjie
en haar man
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
speels.beduidend.effens te non-metafories maar tog lipleklekker.
Post a Comment