Friday, June 1, 2007

Vrydag, die eerste van my maand

voor 'n vierkantige oog sal die toneel afspeel
op toetsborde sal ek kom skets

alle verlange wat my wou vang
en my stywer en stowwerig vas wou druk
in die gange van leë huise en meenthuise en kleinhuise

uit woonstelle en woonplekke en woonwaens en
treklorries en bakkies en sleepwaens met kontrakteurs
sal ek my stofferig losmaak en afskud wyl ek uitpak en neerplak

hier sal jy kan kom kyk hoe my vensters lyk
en die gordyn met jou eie vingers ooptrek

4 comments:

izak w janse van rensburg said...

so mooi die tekening van 'n amperse tuiskoms en al die bagasie wat ons moet rondkarwei omdat afskeid altyd so pynlik is...

Anonymous said...

(nog ene amper gemis)
goeie titel- die begin van die nuwe lewe in die nuwe tuiste, oulike woord keuses, het die ligter gevoel dat dinge nou beter raak by my wakker gemaak...

Anonymous said...

net gou ook dit die slot gedeelte het my helemal ingesluk(dis soo mooi gestel)

Annelie said...

dankie ja, julle
ek het dit rerig die Vrydag beginne skryf, soos in die gedagte was daar, so half en half neergeplak (my PC noem dit "draft"), bietjie later geskaaf en ek weet nie meer hoe om te onthou wanneer die gordyn toe oopgeskuif het ;)
ek weet net ek hoop op die dag dat julle dit regtig egtig self kom doen
mag die einde van die jaar dus lekker vinnig nader vlieg, mmmmmmwah!
xxxxxxxxx