Monday, July 6, 2009

gevou in gebed

selfs die plooitjies
in jou gesig
vat al hande
gevou in gebed

hoe diep, mamma
lê jou liefde en omgee
en kan ek ooit vir jou sê
hoe diep myne in waardering lê

No comments: