Saturday, July 18, 2009

mal oor sulke dae

daar kom dae
kouer as die
wanneer kiltes klem en koppe vries

sommige dae
hardloop afkop rond
sukkel om nie om te slaan

ander weer
draai en sloer
soos 'n vasgeslane moer

maar meeste dae
dra jou naam in hoofletters aan
roep dit luid en basuin jou uit

sulke dae
jubel ek saam

No comments: