Thursday, July 23, 2009

verby daardie punt

dit kon enige dag wees:
daar sou rondloperkatte
en weggooihonde rondsluip

ek sou kon soek na jou
(die voels mis verdomp oral)
maar ek wou nie

dit was so 'n dag:
klanke wat krap
en ek wil nie verder daaroor skryf

No comments: