'n lewe se kleure kwyn op die kim
nog 'n dag fluister op dim
tydsaam tik 'n klok
die disintegrering van vermoë
lê stil op die bed
'n asem het te kort geraak
die horte vlak
moeisaam
min lug in die longe meer angs
stiller nog 'n klein gebed
as iemand wonder wanneer kom die sterf
ween die gemoed baie ure om
vreugde huppel nie meer rond
bokspringe skuifel eenkant
gaan lê grommerig en loer
tog is daar oomblikke
soos die
waarin 'n wete ook kan rus
lank terug al Pa
was jy Syne
vir altyd sal jy wees
dit is die grootste wonder
Hy sal sorg
jy kan maar los
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
'n regmerk en 'n ster ...
dankie Izak, ek het lank gewonder of ek hom moet post.
Meisie, dit is onbeskryflik mooi. En ek is so bly dat jy hom geskryf het.
Post a Comment