Saturday, July 11, 2009

om langs emfiseem te sit

'n lewe se kleure kwyn op die kim
nog 'n dag fluister op dim

tydsaam tik 'n klok

die disintegrering van vermoë
lê stil op die bed
'n asem het te kort geraak
die horte vlak
moeisaam
min lug in die longe meer angs

stiller nog 'n klein gebed

as iemand wonder wanneer kom die sterf
ween die gemoed baie ure om
vreugde huppel nie meer rond
bokspringe skuifel eenkant
gaan lê grommerig en loer

tog is daar oomblikke
soos die
waarin 'n wete ook kan rus

lank terug al Pa
was jy Syne
vir altyd sal jy wees
dit is die grootste wonder

Hy sal sorg
jy kan maar los

3 comments:

izak w janse van rensburg said...

'n regmerk en 'n ster ...

Annelie said...

dankie Izak, ek het lank gewonder of ek hom moet post.

Hannes@Home said...

Meisie, dit is onbeskryflik mooi. En ek is so bly dat jy hom geskryf het.