Thursday, May 31, 2007

nog woorde in 'n maalkolk

om sy kop klop en
hop en hol die geneul
rooi en rasend rond
klop sy kop om en dom
onbevoeg opgesom

wring die barre warm
hande bakkend gehou
vir nog? vir wat?

je ben seke lekke gek?

3 comments:

Anonymous said...

ek vermoed ek is dalk hier onbevoeg...maar sy kop is beslis leeg geneul sonder om te weet hoekom.....en nou dink iemand iemand is bietjie getik.....en nou dink ek ek is seker bietjie van die spoor af(gek)?

Annelie said...

toemaar
ek vang ook nog nie daai een so mooi nie, lol
ek hoor die polisie sê daar is 'n tekort in tik (dis die drug een hier in die kaap) omdat hul klopjagte so suksesvol is,
dit sommer so terloops, as deel van die opmerkings oor tik en so.
(",)
in sy geheel seker nie toepaslik nie.
sal maar nie in 'n bundel sit.

izak w janse van rensburg said...

kan maar gebundel word. die gedig teken vir my 'n prentjie van 'n 'bergie' wat bedel en mens nie geld voor wil gee nie omdat dit mos dan 'van wal na sloot' sal beteken !