vroeg klaar met die woensdag fisika
prakties beoefen tot eksperiment gegee gevra
onverdraaid of bietjie gekook afleiding maak
oor die grasperk 2 stelle trappe uit opsoek
na my vriendin wat die saamry moes deel
net daar presies daar so skuins na 4
‘n woensdag agtermiddag in maart
tussen proefbuise en lang houtbanke
onder reuke van vreemde oplossings
my tromp-op vasgeloop in die chemie
laboratorium in die blou van jou oë
jou uitdagende dubbelsinnige vraag
wat soek ek hier? goeie genugtig!
het my amper stom geslaan, my hart laat weet
ek gaan weerloos herhaaldelik terug wil kom
na die lig in jou blou die speel van die hoeke
om jou mond die diepkeep lyne in jou wang
nie teruggedeins, 'n oomblikkie dalk, laggend
bedekte bons in my hart, na jou teruggegooi
dit het nul? net mooi zero! met jou uit te waai meneer
:-)
jy’s net ‘n demmi hier dis al, al is jy ook in jou 3de jaar
after-all het die prof klaar ja gesê, hy’t gesê ek mag
sonder jou toestemming of versoek, kom vra hoe laat
my saamrymaat haar resultaat se antwoord sou kry
dit was êrens in maart in die middel van die week
dalk was dit regtig eintlik steeds net februarie
ons was vasgenael in die lang onskuldige wag
wat begin om sy onverwagse slotsom te blom
net buite die dubbel swaar oopswaaideure
aan die bopunt van die trap op die 1ste vloer
kovsies se chemie laboratorium alma mater
‘n wakker 1ste jaar wat haar senior sou leer ken
jou week vir week nader kom laat kennis maak
met hande diep gedruk in jou witjas se sak
met die soek en speel steeds in jou oë, net daar
oor jou hele gesig jou lippe jou lyf die hele jy
tot prof jou vermanend kom aanspreek - dis nie
waarvoor jy betaal word op ‘n middag soos die
‘n sonnige woensdag vroeg in maart net na jool
êrens tussen 4 en 5 lank voor die tyd sou uitloop
om ‘n kamermaat te kry met wie die jol real sou raak
steeds onvoorbereid onverhoeds onkant gevang
duidelik opgeteken in my eerste en jou finale jaar
ons moes nog net die punt op die prediebord kry
met duimdrukkers vasgesteek in die openbaar
belofte dat ons saam sal sleep
tot ons najaar en nog jare daarna
steeds opgepluk met mekaar
ek’t jou daar op kovsies ontmoet alma mater
jou heel en bietjie later eers reg leer ken
lief jou steeds soos ek belowe het ek sal
dekades al en meer en meer en nog
2 comments:
mooi,oulik beskryf. laaste 2 strofes bring die ontmoeting tot volwassenheid.dis waar die stuk die mooiste/beste raak na my beskeie mening
ingewikkelde / verwikkelende love story bai mooi verhalend geskryf maar dalk is die gedig meer elegant vir diegene wat in die storie betrokke was/is, as vir jan en alleman ?
Post a Comment