neem jou graaf op
[ons maak haar president]
Ubuntu
onner die punt
van die reënboog lê
‘n pot vol pap
om op te vreet
ons ryklik te seën
manna van ouds
helderdroomgeskenk
Uhuru
hoor die vrede roep
tot volgende geslag
goeiemore dag daarna
hele hemelse toekoms
beloof tot vertrou bewerk
maak op die balhande
ontgrawe staat
Wabi-Sabi
maak'ie saak'ie
ons sal sorg
dra tot gelukkig
wees in hierdie
grys groen land
ons gegun
die nuwe trend
[Here
God van Afrika
waar bly jy?]
2 comments:
die dik stem van 'n moeder van die volk wat sien hoe God Sy kop soms moet skud ten aanskoue van die plebberige bestel in die Afrika-idioom.
uitstaande, al is die tema hoe ongewild.
die ondertone van hoop is hier duidelik aan die sukkel om nie ingesluk te word in die wanhoop nie. ek sluk swaar aan die knop in my keel. dele, nee meeste van dit roep eerder om met die koffie beker forum bespreek te word. Nie hier die plek. wag ek ongeduldig tot dan.
Post a Comment