op Kobus Neethling
se grafiek trek ek
kreatief ‘n square
wat in gate onder molshope
soos volstruis se kind
nie passend fit
Meyrs Briggs
se E is redelik duidelik
die res
elke boks versigtig kleure wys
na gelang die skaam wind roer
IK na bewering êrens hogerig
onder onse arm voorvatters van 12 dosyne?
EK sal as verdere aansporing
die kreef is 3voudig
ook 'n egte gemini wat
glad nie mag krap of knyp of kyk
linker regter lob gee moeilikheid
val soms reguit middeldeur
in die sloot lê die spartelende kalf
sondagoggend vroe
vers van my
swemmend opgestaan
voor die spieël
nonnerig vermom
bakkies opgesit
[jung hoef nie oor te vertel
adler mag nie fluister
1 comment:
DIT is 'n puik,kreatiewe,oorspronklike,
uitstekende en b.....(besondere) goeie gedig!.
Post a Comment