Monday, March 5, 2007

net jy, my lief

ken jou

stoel gang patroon

donsies in umbilicus

eerste lig se asemreuk

ken jou van

oor tot oor

uit my kop

onseker seker wees

hardlag diepsnork kug

kennebak archilleshiel

ken jou

stem kielieplek

tintelstreel ondervel

in die holtekamer

van my hart

ken jou

7 comments:

izak w janse van rensburg said...

intiem.boeiend.tittel pas net vir my nie heeltemal by die mooi gedig nie, alhoewel ekself geen voorstel vir 'n opsrif het nie. "naelstring/bellyring" soek 'n ander gedig waarop sy kan staan(die moontlikhede is amper grensloos) en die "ken jou" gedig soek 'n ander naam.opgesom dan: dat die ene onder die bestes van jou getel sal kan word...

izak w janse van rensburg said...

eozi gee soms 2 reaksies omdat sy nog iets sinvol wil bydra as 'n after thought. Kazi (dis nou ekke), om spelfoute te korrigeer : die slag het die k in "opskrif" aan die pen gery( ? of kon die pen die k nie uitkry nie
!)

Anonymous said...

die ene is sooo kosbaar!.kon saam kielie en laggies hoor.sou graag self die een wou kon skryf.dus omdat dit so na my hart is gaan ek nou iets doen wat sekerlik toetentaal taboe is.jul wat weet ,weet ek kan nie anders nie, moet nou verder reageer! "Jys myne" sou ek hom gedoop het. ek staan dus nou terug met die wete dat hy nie myne is nie!, of is hy tog?! ps. kan ook sien waar die naelstring/bellyring inkom maar met reg waarskynlik nog een wat moet volg.

Annelie said...

ok, geweet ek blog al weer te vinnig - die titel was 'n cop-out, nie mooi deurgedink, en julle ken my goed genoeg, julle het die toets geslaag - ek's uitgevang (giggel). nou sal hy eers naam/titelloos hier moet lê tot ek die antwoord kry (sus, jy's myne is amper reg, nog net nie heeltemal seker nie, dalk dan maar net ken jou of in die holte van my hart)
En ek sal oorweeg 'n bellyring te skiet ;-)

Anonymous said...

absoluut BEFOK.....jy raak net beter

izak w janse van rensburg said...

herblog die ene se naam tot
"net jy".
ek sit gespanne en wag vir 'naelstring' en later ook nog vir 'bellyring'
- vat jou tyd en maak tog gou !

Anonymous said...

soveel woelt hier onveranderend(of so iets... iewers in my brein verlore geraak)wat neerkom dat niks verander het. sal ons nou waaragtig steeds kom karring! hierdie my laaste bydrae en net omdat bloed dikker as water is.
na my nie beskeie mening , het die skrywer hierdie keer die titel goed bepeins deurdink,en uit gekom by nie een- maar tweevoud in sy naam. ek het half vermoed dat "jys myne"nie raak was nie. hierdie keer kry ek tog die vibe dat dit sy volle geboorte en noemnaam moet wees.....en ok, ek sal nou ophou maar ek wou keer om nie weer 'n 2de kommentaar te moes lewer nie! so sorry vir die lange.xxx
sjoe het amper nie geslaag. wou nog ook dit dan byvoeg,indien moontlik hou naelstring en bellyring ook bymekaar soos oorspronklik ,trek met sorg sy lyfie aan en nou stem ek met kazi saam ..maak tog gou!(punt)