sê nou sê se lekker sê
aaalles wat my hart wil hê
alles wat my bekkie vra
sê nou sê se lekker lê
klipharde wilsontoffie
soet op die tong
suig ek stadig sag
droom alie kleintyddrome
nes dit net soos
ouma se lapkombers
troetelsaggies oor my pas
driehoek kondensmelkies
uitgesuig tot plat
oh banana boy i scream
tot onthou uithou raak
ek op moet staan
kos te gaan maak
familie te voed
huis skoon was
tuin te skrop
ek op laaste keer se been afkom
toegegrawe in varserige grond
weer grommend kom lê
suigend gulsig
lek en kou
you go girl
geniet dit tot klein
weggeraak in die buik
wíe het jou die lekker belowe?
ook níe Niekie se sê wie?
wíe hét verduiwels gesê
dit mág nooit lekker nie?
bogger hulle almal dan
geniet dit terwyl jy
;-)
4 comments:
gie-gie bietjie weird,seker daarom dat ek so goed relate.'k laaik hom kwaai
4 uit 5
eietydse daaglikse leefervarings mooi verwoord omdat dit ook eintlik maar deel van die lekker bly.
Dit klink baie lekker
Post a Comment