Sunday, March 25, 2007

Ongevraagde ouderdom

kom lê
antwoord
gehurk in
swart pinafor
plooie netjies
ongestryk
reggetrek

y-ster-klip
en hamer
en beitel
leervel

sonder vraag
sonder systap
direk in opelug
in e n i g e lig
onmiskenbaar
ouderdom
in sig

1 comment:

Anonymous said...

ek wil saggies praat want issie 'n lekker onderwerp nie. onvermydelik deel van die lewe ,met insig en deernis het jy oudword sigbaar hier beskryf.