Friday, March 9, 2007

Ruimtelike gesprek

uit skype val jy

ploinks

soos ‘n druppel in my emmer


vreemde klank

is dit nie?

klanke so bekend


nog ‘n stukkie hooi op my vurk

nog ‘n happie hawer vir herkou

nog ‘n korrel manna in my keel

nog ‘n borrel lug wat kan bars


vreemde klank

is dit nie?

klanke so bekend


tik ek terug

boinks enter

bal weer in jou skoot




11 comments:

Anonymous said...

4 uit 5

Anonymous said...

ploinks, die gesprek kan mens hoor gebeur. lekker lug gesprek is darem 2de beste iets wat mens steeds na aan mekaar laat voel, die realiteit van afstand gesprekke kom duidelik uit. kan die skrywer se ervaring daarmee saambeleef. oulik verwoord

Anonymous said...

kontemporer , uitstaande.

Hannes@Home said...

Dis vir my mooi

Anonymous said...

wonder oor die ruimte? is dit persoonlik of soek jy dit rondom jou?die verskil tussen ruimte en afstand maak soms seer. die ontmoeting mag dalk heeltemal anders wees as die ruimtelike gesprek.

Annelie said...

wonder wie is hierdie kind? ken ek jou? die ruimte gesprek vind plaas op skype, en ek hoop jy het nie toegang nie, want anders het die gedig duidelik misluk! dankie vir jou kommentaar - jy's welkom, al ken ek jou dalk nie, sou tog graag wou sien dat jy my verlos van die wonder oor wie jy is, so gou jy kan ;-)

Anonymous said...

jy is heeltemal korrek. ek het nie toegang tot skype nie. ek het dus nie die die kern van jou gedig gemis nie.
dit voel my net dat jy meer sê as net dit wat in die woorde van die gedig geskryf is.
dalk jou persoonlike spasie "space" ?
jy dig wel mooi en ek moedig jou regtig aan om meer te skryf.

Annelie said...

Eendag as ek gaan publiseer (giggle) is dit tog wat gaan gebeur - mense wat ek nie ken nie gaan my versies lees? Wat anders wil ek dan nou hê?

Jy is daarom BAIE welkom Wonderkind om nog spore hier te kom trap ;-)

Anonymous said...

uitstekend, die slotgedeelte wankel egter

Annelie said...

Dankie Anon vir die kommentaar - ek het toe gaan skommel (oor ek verstaan wat jy gesê het ;) ) nou lyk sy formaat so bietjie anners, en ek kan voel hy voel beter ook, so dankie weer vir die 2de kommentaar.

Ernst said...

Ek het nie die eerste slot gelees nie, maar hierdie een pas mooi.

Ek hou van hoe die ritme verander waneer mens in hierdie versie inloop:

nog ‘n stukkie hooi op my vurk
nog ‘n happie hawer vir herkou
nog ‘n korrel manna in my keel
nog ‘n borrel lug wat kan bars

Ek wonder maar net wat die betekenis was....is hierdie beskrywings wat die mense op skype se woorde vir Ma beteken (neem aan dis die geval)? Hooi op my vurk en lug wat kan bars....verstaan ek nie mooi nie.

Die res is baie mooi en ek dink nie daar is genoeg poësie oor hoe die samelewing verander het oor die jare nie....so goeie werk. Ek dink daar is baie om geskyf te word oor hierdie onderwerpe.