selfs as tuisvoel gemaklik kom lê
skoene onner jou koffietafel inskop
voete lank op jou rusbank uitstrek
om tot refleks gedruk te raak
al val elke sin yin yang in sy plek
hunker elke woord om gedeel te word
swymelslaap die wakker bedagsaamwees
waarbinne ons met mekaar omgaan
selfs dan bly dit kwasie ruim
behoort ek van beter te weet
belong ek steeds nie hier
hoort ek liewer huis toe
die deur op knip te sit
slot te grendel tot hy knars
geween knersend laat staak
verwekte verlang begin verwerk
4 comments:
jy maak baie van woordspeling gebruik - kontra-juksie / juksta-posisie van eenders-lykende, eenders-klinkende, dog effe verwronge, effe teenstrydige, anders-betekenende woorde
dis wragtag pragtig.'k begin nou al meer glo dat as mens 'n skrywer/digter ken woorde soveel meer betekenis het. Jy kry reg om alles in plek te laat val, ek kners saam en verwerk
die woordspel werk baie goed en laat die leser oop om (met sy eie gevolge)te sit en wonder oor die betekenis/se daarvan. wel gedaan.
Gelees... kan "sense" dat daar baie betekenis verskuil is in die woorde, maar kan dit nie "grasp" nie.
Post a Comment