I
vanoggend met die lig van die opstaanslag
"dawn" dit saam met die hartseer breek in die dag
druk dit swaar sonder die helder alarmlag
II
gogga biekiekie
raak anne liekiekie
stem vannie riekiekie
III
hiemee dan g'n goeie raat
voeg ek'ie woord sooo by sy daad
soe seg ekke dan ve myse maat
moetie ve my leisterie
ek kannie ees mee fleisterie
soek liewes 'n anne pleiste'tjie
IV
aggenee !
aggenei !!
aggenê ?
daarom en dus ...
V
... my gebed lê vanoggend uitgestrek
Here, plat op my rug se naat
seer weggebêre, afgetrek
sonder my lewe, sonder my maat
Heer kan ek jou hand houvas
tot al my dae al hoe ligter las
kan ek my hart @ jou skouer druk
koes vir nog dae wat my om wil pluk
kan ek in jou jas kom skuil
tot die trane almal ophou huil
tot ek kan dankie-sê en sonder skroom
my oë kan oopmaak en aanhou droom ...
VI
lank terug het baie al hulle sê gesê
: U is die opium van die volk
dankie dat U in hededagse terme steeds
: dankie dat U my Prozac is
VII
is die "magic" ene
ontsyferd geskryf
my "buggie"-pêl
skryf tog self
van Annelie
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
doen voor as 'n 'versamelde' werks opdrag.
prettige en ernstige oomblikke goed vermeng soos dit gevoellens mos betaam.
no.5 praat vir my die hardste maar geen vers kan uitgesonder word nie.
hierdie gedig dui op oorsronklikheid en dus 'n fyn aanvoelling van individualisme in die haar digterskap.
aanvoeling het nooit 2 elle gehad nie.
kommentaar oor nessie 3 bevat ook verskeie dislektiese spel en sinsbou foute.
hoe ouer mens word hoe haastiger - omdat tyd om te mors maar regig in teorie min word...
dis lekker om te sien dat jy ook soos ek spelle... Dit maak to sekerlik nie regtig saak hoeveel elle..
Van sinne bou ken ek maar niks maar lekker lees aan versies doen ek gerus.
Jy raak net beter soos 'n goeie rooi vanni Kaap
wie in spelle reels vas kyk mis dikwels die mooiste gedagtes wat gewissel word.Annelie hierdie is oorspronklik,diep en spreek tot die wie jou ken op 'n spesiale manier, en die wie jou nie ken nie praat dit hard om jou beter te wil leer ken, voorwaar jy raak beter soos die rooi vanni Kaap.
Post a Comment