Sunday, April 1, 2007

Paradysblom

Strelitzia wil jou
lushof die lente inblom
Strelitzia wil jou
elisies wees
in ou Griekeland

Strelitzia wil jou
hemel op aarde bied
Strelitzia wil jou
dorado se plato bereik
op die hoogste kruin

ek wil
strelitzia
in jou
paradys
blom

3 comments:

Anonymous said...

die blom het baie mooi gepraat. lesers wat weet die sinoniem vir elisies is iets soos "geluksaligheid" en vir dorado is iets soos "luilekkerland" sal die gedig nog meer treffend vind.

Anonymous said...

baai baie mooi. spreek van iemand wat graag vir ander iets wil beteken , die prag van blom op die goudlandse plato sodat die (stomme)mensdom die wonder daarvan kan beleef........jy kry reg om mens se gedagtes op wolke te sit!
(en dank aan kazi wat ook dink aan ons(ekke) wat nie woordeboeke het nie, soms help die net se soek my tog ook)

Ernst said...

Baie lekker om te lees. Dit kweek 'n gevoel van waardering vir die lewe. Ek hou daarvan.