Wednesday, April 25, 2007

oomblikke in Praag (moet nog ge-edit word)

gelate aanvaarding
lê amper-tevrede
geel mosterdvelde vol

vierkant kobbelpaadjies
loop geheime draaie om
gisters wat vandag wil leef
om more ook te kan bemin

tyd klok stil
as ons staan
as ons kyk
as ons stap
en ons voel
die tiktik tok

die landskap hier
en daar
lê klipperig besaai
waar het hulle die duitse bloed laat vloei
waar lê die nazi's begrawe
na al die joodse grafte
op
gewreek
was?

wat hét van mozart die wonderkind
se suiwer strelende note geword?
waar ag waar lê die land se hartklop nou?

tjeggoslovakia
eggo
aanmekaar
eggo
deur my
oor en v oor t

4 comments:

Anonymous said...

as dit myne was sou ek die gedig so gelaat het behalwe as ek nog wou byvoeg van wat die ervaring nog in my kon loslaat. mmar die tema lyk afgesluit. miskien moet jy al sulke reisgedigte uithou vir een spesiale bundel eendag?

Hannes@Home said...

Dankie dat ek Praag saam met jou kon sien en beleef

Anonymous said...

DIT is pragtig beskryf , kan dit voor my oe(doitjies kort ek weet)so ampertjies self beleef.

Annelie said...

Hannes my lief, die versie is nog nie klaar, maar dankie ja, dankie dat jy daar was, heeltyd, al het ons elkeen heelwat tyd op ons eie moes deurbring ook, jy by die konferensie en ek, wel ek op die strate uit... ;)
en dankie vir al die vlugmyle wat jy so bymekaarmaak, ek weet dis nie altyd maklik nie, ek weet. xxx