Monday, April 23, 2007

nou-die dag se verspeelde kanse

daar was 'n tyd
toe dit môre was
en gister weer
verby sou kom

oor hy wou
oor ek sou
oor ons kon

daar's 'n tydjie gelede
'n gister verby
wat môre nie weer
terug gaan bring

al wou hy
al sou ek
al kon ons

daar kom 'n dag
wat nie verby wil gaan
en wat ons het
is hier en nou

2 comments:

Anonymous said...

ek gaan nie oor die ene kom nie.
ek wag ook dat verby se nou ook netnou verby sal wees.so help my God.

Anonymous said...

.....woorde het ek nie,die trane loop en sluk ek net aan die knop in my keel......