êrens in 'n oomblik
tussen hier
en nou
lê stil
begrip
ons harte vol
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
2 comments:
onverbeterlik, self meesterlik!
--------------------------------
[maar ek wil tog probeer
(om die depressie te besweer):
'''dysbiance'''
iewers
in die gebreekte dele
van gesplete sekondes
aldus
tussen dan
en wan
le die skrille
wan-begrype
in be-breinde sulci's
ingedrewe ]
----------------------
naskrif -
delete asb. [inhoud] binne 24uur
en onthou
die tyd word dopgehou...
go!
ek moet net gou bieg - het die kommentaar al in Praag se tyd gesien, weet net steeds nie hoe om die delete ding te doen, so jy's nou hier vanself so ingeskryf! ;)
Post a Comment