singend sonder skroom
budweiser innie hand
elders trop nog 'n groep
hul spoor kobbelend uit
hinkend met die moeë agterstes van dae
bo-oor Charles - wat eintlik Karl wil wees - se brug
"haai polvaai's" werkie hier
die perde poef innie pad
maar ons? ons trap dit mis
op onse regte egte lekke crocs
singend sonder skroom
budweiser agterrie blad
kreupeles kniel hier in 'n Z
wag vir die aalmoes of 2
wat nie afgebedel moet word
uit nog 'n hand
van nog 'n land
wat toegeknyp verby gaan koes
hoopvol mis sal kyk en koers
na skitterogies lokkend in die uitstalvenster
van die boheemse glasfabriek
reg langs die knielendes
singend sonder skroom
nog 'n budweiser innie hand
dit gee my moed en moet
en kan ek dan
nog 'n rytjie loop
twee spore
stok en siel
stap alleen so samerig
singend sonder skroom
nog 'n budweiser agterrie blad
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
oral tasbaar dieselfde. die skuimende biere,die geoliede bedelaars,die sukkelende bejaardes,die toevallige reisigers in die bekendheid van 'n ver en vreemde plek.
reisbundelwaardig...
was nog nie daar nie maar kan nou so amper verbeel hoe die belewenis moet wees na hierdie een se lees
Post a Comment