Ode van die halfmarathon
om die dam
om die dam
om die dam
ek voel die ritme van jou draf
om hartebeespoort se dam
hier waar ek op die kantlyn staan
om die dam
om die dam
om die dam
ek slaak elke asemteug in jou long
bruis die bloed A-ritmies in jou aar
hier waar ek op die kantlyn draf
om die dam
om die dam
om die dam
ek hits jou aan van die begin
por jou vorentoe tot die end
stoot tot jy oor die eindstreep trek
om die dam
om die dam
om die dam
dis hoe mens nog 'n medalje wen
dis hoe drawwers en ondersteuners doen
welge daan welge ... wel ... tevrede :) :)
[geskryf deur die deelnemende toeskouer
aan die voortdurend drawwende naelloper
as deel van die nodige ondersteuningspan
by die om-die-dam-wedloop van Schoemansville
wat jaarliks voltooi moet word
omdat ons nie anders kan
-en terwille van eiewaarde-
oor ons nie eintlik wou maar wel wil
en daar regtig egtig so 'n wedloop is
elke jaar, met baie oefenslae tussen-in]
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
met soveel meelewing van sy ondersteuners groep kan 'n naelloper mos net 'n wenner wees!
mooi so.
die gedig het weggekom en amper in die dam se slik agergebly sonder dat ek kon lees en skryf dat dit mos weer 'n inspirerende digstuk is.
Post a Comment