as jy haar hande in joue neem en haar nadertrek
hoor jy my hunkerhartseer sug?
as jy haar toevou in jou arms en kamertoe dra
voel jy my yskouestyftrek rug?
as jy haar, die ander sy, op ons bed neerlê
sien jy my, die ander ek, daar omdraai?
as jy haar lippe oopsoen en haar joue maak
weet jy iets breek skeurend hierbinne my?
as jy haar tot op die hoogste kruin kry
weet jy ek het 'n stukkie van myself verloor?
as jy dan lyflusbevredig omdraai en slaap
weet jy hoe ek sal sukkel om te vergeet?
[geskryf namens 'n dierbare vriendin
uit haar oogpunt en haar hart se seer
aan haar ontroue man
wie sy steeds bemin...]
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
7 comments:
sjoe x duisend keer sjoe.die lewe maak soms woes seer,jy het hier reg gekry om empaties iemand anders se seer in uitstekende woordkeuse en sin uiteen te sit.wel gedaan oor hoe jy kan skryf, my hart bloei egter vir die een wie ek nie ken nie.....hoop met tyd sal haar hart weer heel.
Ja wel, dis sjoe soos eozi sê maar ook eina vir die seer
Die hartseer van die lewe as jou maat ontrou is/was
Goed gedoen A.
Baie jaloerse hartseer hierin opgesluit, met reg. Egskei na egbreuk bly 'n sinvolle opsie want die seer is klaar gegee en gekry alhoewel versoenning seker altyd moontlik bly. In die aanvaarding van die uiteindelike uitkoms is die genade in opgesluit.
Merietevolle gedig - hierdie tweereel strofes wat mekaar opvolg en in spanning oplaai, werk uitstekend.
Ongemaklik moeilike gevoelens, die kontras tussen haar diepe seer en sy "nie-omgee" houding is goed geïlustreer, veral teen die einde waneer hy omrol, "satisfied". Die woord gebruik is besonders.
Weereens, ongemaklik om te lees, nie oor die skrywer nie, maar eerder die onderwerp.
Welgedaan.
'n Ongelooflike seer met soveel gevoel uitgebeeld. Jou gedigte spreek van 'n baie diep mens met 'n diep gevoel. 'n Bundel van jou sal een groot vreugde wees om te kan lees.
Anonymous - 'n bundel van my sal ek sowaar eendag sommer vir jou wil aanstuur - as jy my net jouse adres laat weet (en natuurlik die naam, die kort ek ook ;) ) anners moet jy maar ene koop, maar ek weet nie eens of jy ooit weer hier draai sal kom maak so ek sal jou nie kan sê waar want dit sal nou nie helemal kommersieel beskikbaar wees, so dan gaan jy seker sonner my bundel klaarkom, en ek sonder weet wie jy is. Maar dankie in elk geval vir jou kommentaar - dit was lekker te hoor :) en jy is welkom al is hier nou meer as een anoniem en ek helemal in die duister, al loop ek in die lig, dis ok ek waardeer die kommentaar. so dankie weer
Hi Annelie, Ek's darem nie heeltemal "anonymous" nie. Kyk op my Blog. Dis nog nie so groot en mooi soos joune nie, maar ek vorder stadig maar seker. En ek sal beslis weer en weer terugkom om jou versies te lees. Dit spreek van jou mooiheid. Laat weet asb wanneer jou Bundel beskikbaar is.
Post a Comment