jou oë dof
en kil
jou stem stom
en stil
jou ore doof
en jou lyf
jou lyf, dood stil
my traan klam
alleen
my lipkreet
stol
my hol oor
vol
ek bloei my dol leeg
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
3 comments:
so waaragtig goed geskryf! die eerste strofe my laat voel dis 'n dooie lyk met wie gepraat word,(ja en ek weet 'n lyk=dooie, maar dis hoe goed jy die doodsheid laat deurkom van die een wat nie hoor nie,dis soos dubbeld beklemtoon) die 2de strofe slaan die alleenheid my voor die bors en tref my hart!......e-i-n-a.
die mooi ritmes in hierdie kort gedig bring sommer lewe in die eensaamheid van die gesprek met die eie ek maar niemand hoef dit mos te weet nie...
alleenstaande het vers een vervaag omdat vers twee in die geheue altyd saam gelees wil word, soos dit oorspronklik was.
met baie oorskryf van my eie goeters kom ek agter dat die 'originals' tog maar baie keer die treffendste is as dit so kon gebly het ?
Post a Comment