Wednesday, May 16, 2007

alleenspraak

jou oë dof
en kil
jou stem stom
en stil
jou ore doof
en jou lyf
jou lyf, dood stil

my traan klam
alleen
my lipkreet
stol
my hol oor
vol
ek bloei my dol leeg

3 comments:

Anonymous said...

so waaragtig goed geskryf! die eerste strofe my laat voel dis 'n dooie lyk met wie gepraat word,(ja en ek weet 'n lyk=dooie, maar dis hoe goed jy die doodsheid laat deurkom van die een wat nie hoor nie,dis soos dubbeld beklemtoon) die 2de strofe slaan die alleenheid my voor die bors en tref my hart!......e-i-n-a.

izak w janse van rensburg said...

die mooi ritmes in hierdie kort gedig bring sommer lewe in die eensaamheid van die gesprek met die eie ek maar niemand hoef dit mos te weet nie...

izak w janse van rensburg said...

alleenstaande het vers een vervaag omdat vers twee in die geheue altyd saam gelees wil word, soos dit oorspronklik was.

met baie oorskryf van my eie goeters kom ek agter dat die 'originals' tog maar baie keer die treffendste is as dit so kon gebly het ?