Saturday, May 19, 2007

kammaland

deur kinderoë kan ons
saam kammaland in vaar
dromend hoog op vlinders
vlieg tot wieweetwaar

teeparty in huisies en tuintjies,
hanserige grietjie paadjies draf,
met skillepad en haastige hasie,
beertjies druk, gouelokkies vleg,
slim varkies blaas, tot wolf
verdwaal in die bos, rooikappie
se ouma gesond raak op appeltjies,
dwergies wit sneeu vlokkies huis toe dra.
nòg stories opmaak, uitspeel tot wattertyd,
liewe heksie bike laat ry, tot cinderella
afklim en met die koning trou,
en lank en gelukkig saam leef

in kammaland
wil ek so graag
kuier met jou
tot amper te laat

4 comments:

Hannes@Home said...

Ek lees jou versies in stil-verbasing baie keer. Dit is soooo mooi vir my. Ek kan jou bekende onbekendheid beleef as ek jou woorde lees. Jy is so besonners wonnerlik in my lewe... maar dan, my eie woorde skiet te kort. Kon tog nie hierdie geleentheid om eerste my sinne op jou blog te los laat verbygaan nie.

Annelie said...

mwah! sal ek persoonlik vir jou kom gee my lief, dankie! sal ek dan nou ook nie die geleentheid laat verby gaan nie ;)
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Anonymous said...

DIT is hoekom ek ook so graag! en lekker kuier met jou tot so amper te laat......!
Puik gedig.
giegie(giggel) vir hannesbydiehuis, ja jy moet spring as jy eerste wil wees!op hierdie blad.:)bly jy het darem ook 'n beurt gekry :))

Anonymous said...

ek gee gelukkig nie die laaste kommentaar nie want met wyer publikasie in 'n bundel van die ene en baie van die ander sal die lesers van gedigte in Afrikaans eersdaags almal aan die praat gesit word.
kleintydse terugverlang word wawydwakker in die sprokies wat ek steeds dink dat hulle net sowel rerig kon gebeur het......