Sunday, May 20, 2007

vir 'n rukkie verlang - stilte asseblief

I
as jy praat
word dit stil

as jy naby my
is kom dit op

as jy hier kom sit
raak dit wakker

as jy dan net so bly
sal dit reg uit kom

as jy na my luister
is dit heel-heel weg

II
as jy aan my vat ! weet !! waar-agtig-so-waar !!!
loop dit oor en uit op galop - sowaar as waar - net daar

III
in jou teenwoordigheid
beleef ek meer as klank en kleur en geur en rym en voel net
jou al teen woordigheid
verstaan geen woord of sin of letter of syfer of som op gewone plek
in jou alom teen woordig heid
gaan my loos verloor soos net 'n meisiemens se kop kan of het en
jou al om my teenwoordig voel

IV
ek verlang so ei-na-na
na jou teenwoordige nabyheid
verlang ek so eina na

V
soms moet ek
'n rukkie
stilte vat

VI
soms doen ek

2 comments:

izak w janse van rensburg said...

REGTIG 'N PRAGTGE GEDIG.

persoonlik so ek die laaste goep reels in die eerste deel sonder uitroeptekens en ook effens korter/eenvoudiger gehou het om meer aan te pas by die res
bv.
'as jy aan my vat
weet so waar-agtig waar-
loop dit net daar
oor en uit op ('n)gallop'
maar dis bloot persoonlke retoriek en miskien moet die deeltjie juis met uitroepe so beklemtoon word om 'n kontras te vorm met die res?

Anonymous said...

hierdie ene is DIEP! vir my ook diep geraak aan my hart vir langer as 'n rukkie! ek voel om te fluister oor die stilte gevra,maar die gevoel om uit te roep: DIS WAARAGTIG 'N PUIK STUKKIE WERK! oorweldig die inherente konsiderasie wat in my ingedril is in my opvoedings jare. so ek gooi alles oorboord en roep hard en duidelik LOS HOM NES HY IS HY PRAAT HARD NES HY IS.(of vervang hy met sy of dit as jy wil.)persoonlik dink ek hierdie is een van jou bestes.