jou maan
speel
my lig
jou glim
blink
my lag
jou jy-jy
raak
my my-my
jou woord
reël
my spel
jou vat
span
my slag
joune is nou myne
myne is nog joune
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
7 comments:
omdat die titel begin met 'n knus gevoel en skielik swaai na uitdagende vraag?! en dit alles op jou blog verskyn by jou foto waar jy stip na mens kyk asof uitdagend en die res van die stuk my puzzle en ek my dink probeer dink, sal ek my dink vir myself dink en vir eers ook so hou......? ;)......
maar jy weet mos ek kannie........
dis half oulik gedoen, wat dit rerig vertel is steeds so bietjie van 'n raaisel vir my.
Hieroor sal ek jou eerder 'n e-pos stuur as om op my blog te pos ;)
Netnou laat dit mense ophou dink, dan vat hulle net die my-se sê oor wat ek gedink het ek sê. lol
Ek dink ek kan mense laat dink, nogal? nie rerig so verwaand, en tog, hoop ek steeds ...
die gedig is glad nie so onsinnig nie.dit vertel mos maar net 'n stoute storie op 'n kort en soet manier amper soos my kombers en jou matras en daar le die ding...
o alla en daar lê die WAT?
giggel
ek behou my voor - "no comment"
toe ek die een weer lees, toe klink dit rerig laf, amper nie soos dit moes wees
dink nie hy sal ooit die bundel haal, so ontpan of wonner maar ;)
as die ene, presies nes dit geskrywe is, nie in die bundel opgeneem word nie dan soek ek nie meer 'n persoonlik getekende eksemplaar nie.
is dit dui de lik ?
ek sekondeer: kazi en izak w janse van rensburg se comments!
want weet jy WAT!
die woorde eintlik vir my seg?
daars iets stouts in........;)(giggel)
maar ook heelwat pret en plesier ,dus leersaam.....:)reg
en steeds oulik .... ;-)OK
so ongetwyfeld ingesluit en bundel toe!Het jy nou gehoor?(*!*)
gehoor...
nog net nie gehoor kon gee...
maar dankie solank
julle is alte goed vir my
sing my hart uitbundig (!!!) vreugde
met sulke familie in sy binnekant...
Post a Comment