Friday, May 11, 2007

die kruisie om my nek

x
die boodskap wat ek tussen my borste dra
- boodskapper van my hart -
die boodskap silwer geketting
wat skitterig my hals versier
jou oog moet vang
en soontoe lok
en jou daarheen neem

xx
tot jy by die weg kom staan
tot jy die boodskap verstaan:
dit sit vas in jou eie wals
dit hang om jou eie hals
dit wat jy met jou eie oë -nognie- sien
dit wat jy nooit ooit self kan verdien

xxx
tot dan
sal ek met my hart
tussen my borste loop
my binnekas rondborstig byna skouerhoog dra
tot dan sal ek so om my eie nek hangend hang

xxxx
tot dan
my lippe ophou lek
omdat ek soms
net soms
nie anders kan
tot dan

xxxxx
jou lippe aanhou soen
verkondigend
menigvuldigend
tot Sy Koninkryk kom
tot daar, tot dan
Alpha-Omega
tot daardie end
dan jou beginsel raak

xxxxxx
tot dan
sal ek die boodskap tussen my borste dra
- boodskapper van Sy Hart -

xxxxxxx x xxxxxxx

3 comments:

Anonymous said...

'n gedig wat rustig en mooi deurgelees moet word, meer as een maal vra dit......moenie misverstaan....
Vir my vertel die gedig die verhaal van 'n skrywer wat haarself by die voete van Jesus se Kruis gevind het en daarom Sy kruis tekentjie om haar nek dra....
baie mooi gedig!

Anonymous said...

en NOU en SO is HIERDIE gedig UITSTAANDE! Pragtig by woorde verby....

Anonymous said...

pragtige gedig - dit bring die heerlike vleeslikheid van om mens te wees so mooi uit en verkondig ter selfder tyd die heel blyste boodskap, skaamteloos.