Thursday, May 3, 2007

8 toggie tog!

ag tog
8 og
ek probeeeeeer
noggeskommel
nog getjommel
agge neeeee ge

8 en ne-ge
gee priem
soos sewentien

vies tel een tot 10
daarna sal ons ma sien
waar gaan ons heen
sonner nog om te leen

'n dosyn het presies
12 onse in
6 van jou
en net 'n halwe 1
van my
(as die bakker nie sy hand daarin kry)

waar innie som pas ek dan
my annerhelfte in
-die beter?! deel-
as ons saamsaam sin
verloor en 8 vol raak
so
waar pas
van8
ag
waar pas ek
tog in?

[kies hier as u blief -vir 'n verandering- 'n punt tussen 1 en vyf, as jy kan skryf]

6 comments:

Anonymous said...

sjoe....ok....;)...5
(so kry ek die vibe dat die wiskunde juffrou 'n moer iewers gestrip het) kan natuurlik self hier die pot mis sit en gevaar loop dat daar weer van 1 tot 10 getel sal word.?......onthou! ek was rerig eerlik om hom hoog te rate.

Anonymous said...

en as ek weer mag......antwoord op die vraag waar pas jy in?.....by ekke et al.

Anonymous said...

my toekenning = eks, waar eks > 4 maar < 5 want niemand kry ooit volpunte of meer vir opstel brief of verse skrywe nie behalwe miskien die gatkruipers of dalk die witbroodjies en ons was mos gelukkig nog nooit so gepredisponeer nie.

Annelie said...

Julle 2 my liewe familiebloed is sooo na aan my hart ek vreet julle sommer op, sonner om die bene eers uit te spoeg LOL
Toe voel ek nou vanmore weer snoesig hier hoe pas ek so presies toe tussen julle lekkerlê en lekkersê ook in - dankie vir die weer weet hoe en hoekom en sonder rede ek vir julle oneindig lief is!
so X eksê
xxxxxxxxxxxxxx

Hannes@Home said...

Nog altyd stadig gewees om woordjies te verstaan, maar ek dink ek verstaan wat jy sê en ek probeer verstaan... en dit maak my net maller oor jou.

Annelie said...

8 my lief, dankie
dis 5 uit 5 lekker om te hoor
dis eintlik 5 x 5
of eintlik jy tot jou mag ;)
soos dit altyd is
soos dit altyd sal wees
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx