[opgedra aan Kommunikasiegapings, sonder kopiereg maar met permissie, bygesê]
het ons dan onbeskore
uit velle verlede nie kon leer
uit al die hale van vorige seer
waar ons so apaties apart
kundige menings kon lug
en nou
steeds
mekaar nie in die oë kan kyk
omdat so minnerig min -erken-
begrip-gekruppeld daar lê
omdat so te veel ontken
sonder enige woorde sê
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
hierdie is grenslose soeke na erkenning wat sal slaag om te vind.
die vraag en die tekens en die tyd en die volle troos wat wegbly sal eendag in almal wakker word eers as die al die kartels uit die poel verdwyn en as dit ten laaste dalk rustig binne en nog dieper in die digter kan raak.
maar dan sal niemand ook meer gedigte hoef te skryf nie ....
hoe nou? as ek mag sou ek se hou asseblief net aan en probeer nog male sonder tal en nog 'n keer....
die antwoord le verseker in die laaste keer se probeer.(en ek moet bieg, eks diep frustreerd dat ek nie die kennis het oor hoe om kappies en doitjies op e e te sit nie, maar ek weet jy sal my kommentaar daarsonder ook verstaan)
Post a Comment