Saturday, May 26, 2007

my kaapse draai bly nommer 14, punt

ek sal nie nou omkyk, ek sal jou net sterk sien staan

my kaapse draai
lê vasgevang
in die wye oopte van 'n vissersnet
losgelaat en toegeknip

ek sal nie nou omkyk, ek sal jou net sien waai

dan groet ek maar
so ewe
sê ek weer totwedersiens
op 'n stip tyd wat my weer wil gryp

ek sal nie nou omkyk, ek sal jou sien

my vissershuisie, vas in sy skoene
op die hoek van die wye draai

ek sal nie vergeet
ek sal jou onthou en ook

jy weet
in jou oog se wink my hart verloor in
ons binnekant kamers gedeel

stil geraak
siel gevind
krag gevat

op my bed tussen jou mure
soet en sag en stil kon slaap tot
toe en nou
se te vroeg maar moedig genoeg
uitgerus en krag gespaar vir nog 'n siklus tyd

in elke hoek en elke prent, in die gang
van ons elke dag, het ons een geword soos
ons is, ek, met my belofte van verlang na jou, sal
uithou met leë en brokkelende lende en gebarste hande
terwyl jy jou muurkas en al die ruitevensters se glas
nog 'n rukkie oppas
vir eendag
vir dan
dat ons nie te lank vroeer of later sal lag oor jou en ons oudag
vir dan

[hou die dak oor jou kop hoog en reënbestand en geniet die tuin en gee nog saad vir die duifies en speel met die vissies en praat met die miere en trek tog die onkruide uit en die toilet ook gereeld! en moet my seblief seblief moet my seblief ook nie vergeet want ek dra die belofte in my saam en 'n absoluut verstommende onvermoë om te laat los, oor ek dink ek nie wil, want eendag, ja eendag kom ek terug na jou, want ek wil, dink ek nou, want ek wil o ek wil]

ek kyk boontoe
en ek weet
jy staan

2 comments:

Anonymous said...

sjoe...soveel emosie hier raakgelees,my hart kry sommer ook seer...soveel dinge wat beleef is kom ook mooi in die stuk uit...dus SAL kaapse draai 14 vir altyd in jou hart maar mag bly!

izak w janse van rensburg said...

huis is waar hart is.
die meenthuisie is nog steeds jou eiendom met nuwe bevoorregte huurders ?
mooi gedig, after all...