Monday, January 22, 2007

Fees = begrafnis van Issues

kom kyk kom kyk

hier lê Issues nou

laaste asem uitgeblaas


kom grawe die gate

een vir een groot genoeg

elkeen op of onder sy maat


help bêre wat was

laat spoke ten gronde gaan

om nou en verder vir altyd te rus


ons begraaf hul nou

ons gooi hul met kluite toe

hul sal nooit weer op kan staan


ons dans oorwinning

dans dat die stof so staan

dans tot die stof loop lê


Issues is dood


ek lewe vry

issue- en tissueloos

3 comments:

Anonymous said...

3 uit 5

Anonymous said...

as almal maar sooo kon vergeef..

Anonymous said...

diep,...sluk...in die Pottebakker se hand.(is daar mense op aarde sonder issues?... mag almal die genade ontvang om ook so fees te kan hou)