Wednesday, January 24, 2007

Troos

as jy nou hier

langs my kan kom sit


sal ek jou hand in myne neem

jou eina kyk se traanspoor vee

jou ore pleister teen die seer

jou toevou met my lyf se druk

my hart se uitreik by jou los


kom sit dan nou

kom sit dan hier

kom sit hierso so

ek wil jou troos


tot jy later

self jou druk

terug kan gee


en nog later

jy weer wil eet


4 comments:

Hannes@Home said...

Baie mooi

Anonymous said...

2 uit 5

Anonymous said...

bundelhom

Anonymous said...

jy kan! geseend is die wat jou pad kruis en op hierdie wyse troos van jou kan ontvang.