[vers op versoek en in ink]
;o)
ek sal my bes probeer
om jou los te skryf
vas te pen
nes jy is
met prentjies in my kop
sal ek ‘n legkaart bou
elke stukkie wat jy gee inpas
tot een plus een twee gee
tot twee monde een raak
tot jou versie rym
tot jy sin maak
tot jy
anderdag dalk
helder mooi en ingekleur
hier op my papier uitgeskryf kom lê
nes jy is
;o)
ek sal my bes probeer
om jou los te skryf
vas te pen
nes jy is
met prentjies in my kop
sal ek ‘n legkaart bou
elke stukkie wat jy gee inpas
tot een plus een twee gee
tot twee monde een raak
tot jou versie rym
tot jy sin maak
tot jy
anderdag dalk
helder mooi en ingekleur
hier op my papier uitgeskryf kom lê
nes jy is
5 comments:
Al is dit dalk 'n ouerige tema - die stryd, geduld en uitsien om 'n legkaart te bou, is dit baie lekker om te lees. Vir my is die onsekerheid van wie die "jy" is een van die redes waarom die gedig werk. Is dit die versie self, jou eggenoot, 'n naby vriend of vriendin ....
5 uit 5
deeglike konstruksie.raakgeskryf.
bundelbaar.
Ek hou van die een
dis 'n oulike ene, prentjies in my kop gelos van lekker saam bou aan 'n lewe vol van leef en liefde.
( en ek dink, of ek droom ek weet wie jy hier in jou gedagte kom weergee het):)
Post a Comment