Friday, January 26, 2007

voorkeur van eenvoudige bewerkings


jou potloodpunt

tel my op

en min my

maal my dan

van a tot z

deel my

tussen hakies

in en uit

tot mag verhef

en somtotaal

sonder eks-ponent

uitgewerk

antwoord gee


[x of ex of ek's nog ‘n som in jou boek]

3 comments:

Anonymous said...

bundelhom

Anonymous said...

3 uit 5

Anonymous said...

nog altyd was eenvoudige bewerkings vir my nie so eenvoudig nie, maar hierdie is eenvoudig matematies gestel soos net jy kan!