ek’s bang
jy’t kwaad in jou
wat my seer kan maak
ek’s bang
jy’t seer in jou
wat my hart sal breek
ek’s bang
ek gaan by omdraai verby
voor ek jou sien of verstaan
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
5 comments:
Van almal het hierdie een my die meeste aangegryp. Baie eerlik. Eenvoudig. Reguit.
4 uit 5
treffend!
Van iemand wat sukkel om gedigte te verstaan: Hierdie een gryp my aan.
amper kom ek laaste hier, vorige kommentators het alles eintlik klaar gese.Hartroerende emosies in my los gepluk....(bekend?!)
Post a Comment