my kleintyd pop
se naam was Danie
Danie was sy naam
huishuis met hom gespeel
Marietjie was sy sussie
klein bietjie jonger as hy
sy’t ogies gehad wat kon oop en toe
sy’t goed geweet hoe om mooi uit te kyk
en te rus as dit nodig was
onder groot dakkomberse
met tuinmeubels as pilare
oppie groengroen gras
vannie omheinde voorjaart
onder ma se sorg
het ons gespeel
eendag het Danie sy toon gestamp
sy toon verloor baie trane ten spyt
kon ons sy toon nie heelkry nie
daar was nie genoeg geld of kundigheid
nou lê Danie in 'n boks
versigtig weggepak
grootoog blou toegeplak
aftoon met steeds ‘n glimlag op
Marietjie lê langs hom daar
ongeskonde lyf
net geen wimpers meer
en baie minder hare
op haar kop
3 comments:
1 uit 5
spreek die verlang na kleintyd baie spesiaal aan .
seker dalk? ommat ek Danie en Marietjie geken het? en ekke nie met hulle kon speelie,is hierie ene vir my mooi en spesiaal en ek weet hulle kan 'n boek saam skryf!daar uit hulle boks uit....
Post a Comment