dit is so eenvoudig
dit hoort so maklik te wees
wees swaksterk wees sterkswak
waar’s jou deernis jou onderdanigheid
gee hom wat hy wil hê
gee hom wat hom toekom
bevredig sy drif sy lus sy drang
jy sug en smag en klop ook daarna
begraaf jou voel gooi toe jou hart
hy sal nie eens weet daar is meer as dit
hy sal tevrede omdraai rustig verder slaap
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
2 uit 5
geen man sal ooit van die gedig kan hou nie al het dit hoeveel meriete
die skrywer(ster) het eerlike gevoelens in woorde om gesit, vir die wie dit dalk so bietjie ongemaklik laat,... mens trek mos net die skoen aan as hy pas?
dalk net stof tot nadenke....
Post a Comment