morbied se sonder hoop
het rookloos om my kom hang
my af en affer en vas kom druk
tot ek hygend plat lê en snak
en na nog ‘n zol sug en gryp
hoe breek jy die mag se krag
hoe staan ek ooit weer op
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
3 comments:
4 uit 5
tragiese tema.mooi bondig bedig.ek het net ervaar dat ek meer hartseer sou wou voel met die lees daarvan maar iets in die gedig het my eie simpatie vervlak.ek kan dit nie verklaar nie.
as nie-rokende sal ek my liefs nie hieroor uitlaat nie, want ek het geen idee wat so verslawing regtig beteken nie......
die gedig se woordkeuses wel goed gekies, my eie gebrekkigheid het egter my nie toegelaat om rerige empatiese gevoelens hier los te lees nie.
Post a Comment