Sunday, January 21, 2007

Oppad

daar is soveel dinge
tussen ons gesê
soveel skille afgetrek
doppe oopgebreek

daar is soveel dinge
ongesê verstaan
daar is soveel dinge
raakgesien onbegryp

stil stil
uitgepluis

ek wou my
vrugbeginsel
vir jou wys

sjuut sjuut
saggies nou

daar het soveel dinge
oor ons pad geloop
daar het soveel dinge
verby gegaan

daar is soveel dinge
nog te doen

3 comments:

Anonymous said...

3 uit 5

Anonymous said...

die reis eindig nooit nie......
mooi gestel

Anonymous said...

nimmer eindigend....
oppad goed geskryf