wat jy nie gesê het
maar wat ek nou weet
is dat ek jou en jou woorde
soms annekseer
links regs indril
tot troepe
netjies in gelit
lynreg reguit marsjeer
en binne my verwysing
op aandag die pas makeer
[en ek jou daarom
amper amper raak
maar so mis verstaan
en ek myself amper mis
maar duidelik raak begin sien
tussen dieselfde krom lyne?
sorry dis nie fair-play!
ek dink ek sien ek hoor]
ek roep dan halt
die wit vlag is gehys
ek wil nie weer
jou woorde orders gee
jy kan maar
op die plek rus staan
self uitpasseer
en jou woorde
loslaat
soos jy wil
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Dit is so so raak. Wat kan ek sê? Jy het 'n gawe wat jy baie meer gereeld en gefokus moet be-oefen en ten toonstel. Maar wie is ek nou eintlik.
Aanvaar maar asb al my kommentaar op jou verse slegs uit 'n persoonlike oogpunt sonder om eers te probeer om 'n tegniese of kwalitatiewe uitspraak te gee.
5 uit 5
die lewe is 'n pronkerige gedoente op die aardse parade. mooi gespreek ....
eerlike,raak gedig UITSTEKEND voortrekker jy!
Post a Comment