Monday, January 22, 2007

Onskuldig

trippe trappe trone

seuntjiekind meisiekind
trippel vroetel en peuter
nes onvas kleuters
nuuskierige agies rond

trippe trappe trone

ligvoets
trappies op die leer van plesier
los op pret leer nóg somme maak
lees abc-boeke voel die braille

trippe trappe trone

kaalvoet
dans ons die duwweltjies mis
gryp strooihalmpies vas
alles alles word verken

trippe trappe trone

rooihak
tieners hol en nael
jeukend op ‘n trip
tot bó, bo-op en bo-oor

trippeltrappel-troon

3 comments:

Anonymous said...

3 uit 5

Anonymous said...

speels en goed genoeg ....

Anonymous said...

lekker lig en speels tot laastens jong volwassenes. goeie gedig