Sunday, January 21, 2007

Verwerking

[op die maat van gesprekke op Skype]

die Here weet
hier’s waaragtig
‘n sameswering aan die gang

die Here weet
Hy werk met my
waar ek die duiwel alleen sou dink

met vasgevange woorde
met losgewoelde gedagtes
met vrygekoopte dade
met jou
werk Hy in my
deur jou
[en nog?]

die Here weet
hoe geduldig Hy met my bly

my dae loop ek in sirkels
afwagtend soekend
om kringe om en om
soekend afwagtend
tot ek vassteek in my spoor

geroep gehoorsaam begryp
sit by die wasklip
langs die moral highway
word verkwik in die stroom
gaan rus by die groot boom

antwoorde kom op Sy tyd
ek sien dit soms en elke keer

die spieël wys Sy beeld
steeds gebrekkig in my
ek sal werk en werk
tot ek net soos my Verlosser lyk

3 comments:

Anonymous said...

3 uit 5

Anonymous said...

bundelhom

Anonymous said...

verwerking,geleer nog 'n stukkie geskiedenis nader aan die Heer....baie goed geskryf.