Friday, February 9, 2007

Eerste ontmoeting op Skype

[oftewel aandagafleibaarheidsindroom]


jou pickupline

het onverwags ingechip


Pssssttt


my lokkend gevra om op te kyk

soos jy verseker geweet het dit sou

ek moes antwoord, vreemd aangetrek

deur die bekende eenvoud van die geluid


psssssstttttt


sinne verder begin begryp

dis duidelik direkte (on)eerlikheid


kom deel ‘n geheim

in fantasie land


sê vir niemand nie

maar niemand weet

wie deel geheime uit

iemand weet altyd


PS

dit is nie ons geheim

in lappiesland het peter

se heidie 'n oupa gehad

almal weet dit mos

die juffrou ook

3 comments:

Anonymous said...

4 uit 5........laaste deel uitstekend!, eerste deel wankelrig

Anonymous said...

goeie tema.komposissie van eerste en laaste verse baie oorspronklik. body bietjie lomp

Anonymous said...

somehow iewers of erens was daar 'n rede dat ek nou eers die een lees........
of dalk verstaan ek dit nou vir die eerste keer..?
daarom dan dat ek nou in alle eerlikheid kan kommentaar.
niks van die stuk is vir my lomp of wankelrig,
ek sou se dis so na aan perfek as kan kom!
welgedaan!