Saturday, February 17, 2007

NS van voorskrif na nasorg [nog 1 of 2 vir IJ]

dit kom van flippen ver af

piet fourie toetentaal onbekend

plaashek wawyd oop sonder sorg

drinkwater spelend bemors


bliksemse bok allie bobbejaantjies

klappende handjies die show het gestart

onder staande ovasie sy dina gekry

oppie trein kimberley se strate ingery


gat gelê innie kooi [dis haar matras]

karos willie toegooi nie [dis sy kombers]

daar lê die ding nou skree-erig

ryp en o!alla uit gedruk


sonder njam-njam voornaam

sonder ouch-ouch nanaam

net op noemnaam uitgespel

opgespeel van voor tot na


bitterbessie aand het gedaal

naglied [onstemmig] afgesak

'n ster verskiet [sonder knal]

mistig gedryf deur die son


NNS

sonnetjie lig
sonnetjie skyn
sonnetjie straal

sonnetjie skraal
sonnetjie steek
sonnetjie skiet

sonnetjie daal
sonnetjie maal
sonnetjie maan

sonnetjie oor
sonnetjie stil
sonnetjie klaar

kringetjie oor
stemmetjie stil
lewertjie klaar

3 comments:

Anonymous said...

hier werk die gebruik van temas uit volksliedjies pragtig!
die laaste nns- gedeelte kan selfs heel eenkant op sy eie staan.
ek voel nie baie so nie maar oor hierde 2 gedigte voel ek soos oor die van Krog en Breytenbach - ek wens so ek kon dit geskryf het!
baie geluk Annelie,op die manier sal jy snel bly groei in populariteit.

Anonymous said...

4 uit 5

Anonymous said...

my mond hang oop dat jy sowaar nog beter kon,opgestaan en hom lange ovasie gegee!uitstekend tot in die oortreffende trap!