Sunday, February 11, 2007

ons [eerste versie kom van 1972 af]

sonder plagiaat, al was die aanklag daar,

opgekiekie in die skoolkoerant -

naief, onskuldig, bly lê

eerste poging

vars vers, vas in die geheue,

nou met ‘n stertjie,

sommer ‘n kransie ook


ek en jy

jy en ek

warrel waai die vreugde

saam met die spelende skade

deur my hare en slaan ons gade

die heerlikheid van vrolikheid

van

ekenjy

jy-en-ek

ons



3 comments:

Anonymous said...

ja, dit bly maar 'n groeiproses. die betrokke gedig spreek duidelik vanself.Jy hoef dit nie so te probeer verskoon of kwalifiseer nie.ook welkom in jou eie bundel eendag/? eersdaags.

Anonymous said...

2 uit 5

Anonymous said...

1972? toe was ek seker nog te jonk gewees? bietjie clueless....
wel dit: hierdie vers ervaring het duidelik vandag nog positiewe effek op jou....(dalk hoekom jy vandag steeds beter kan?)
jou dig talent kom van ver af nie van Piet Viljoen se plaas jy weet! Dis Godgegewe en moet dit daarom mos gedeel word...