Thursday, February 8, 2007

kennismaking [wat sit in jou naam?]


aangename kennis

my naam is annelie

[aangename kennis dan]


omgedop omgedraai

die ontstellende ontdekking

[waarom die groot verassing dan?]


annelie het ei(len)na eina seer

sy sit daar soos eilenna afgedop rooi-pienk rou

[U sien die lelik die mooi inside out van alle kante af]


eilenna het haar nelletjie verloor

soos ‘n virgin is haar cherry gepop

[waar in hierdie lewe gaan sy weer haar velletjie kry?]


teruggedraai teruggedop teruggekeer

pynlik tot pynloos van inkeer tot omkeer by heel uitgekom

[U rigting kompasvas U genadeliefde sonder end]


welkom welkom tuis - hallo Heer hallo weer

dankie tog! en dankie! nog ‘n keer

[U kind se laggende klokkies klingeling nou gelukkig hier!]


die geleerdes sê ek kom van anna af

anna is vol grasie en genade ook, anna is die stamboom dan

[annelie sal soos ‘n kind aanhou praat en lag en sing en praat]


annelie annelie annelie

aangename klank aangename kennis dan

[jy hoef darem nie al my liedjies te hoor of saam te sing]


3 comments:

Anonymous said...

UITERS kompleks en ek vermoed NET mense wat jou rerig ken, sal verstaan.....ek vermoed, maar aannames is gevaarlike dinge.

Befok goed!!!

Anonymous said...

glimlag om die oë gekry met die 1,dink dis vrek goed, weet nie of jou ken iets daarmee te doen het,sal nooit weet want ken jou mos...

Anonymous said...

woord assosiasies baie spontaan deurgedink.ek lees geen outobiografisme daarin raak nie, net mooi verbeeldingsvlugte rondom 'n naam....