sonder uitroep
sonder komma
sonder vraag
sonder punt
lees jy al die tekens
mis of raak
gaan jy dwarsoor deur die stop
sal nie een of geeneen van die woorde
deurmekaar gerangskik sin kan maak
Woorde het my nog altyd gefassineer. Hulle het hul eie manier – soms werk hul gladdebek saam, soms moet ék harder werk, soms hol hul weg, soms maak hul my wakker in die nag en moet ek eers aandag gee, voor ek verder rus kan kry! Van my versies is oor dinge wat ek regtig self beleef, van hulle het ek ervaar deur mense na aan my, party dink ek uit of verbeel my sowaar ek weet, baie ander ontwyk my nog. Ek deel my versies graag met jou en sal jou kommentaar waardeer...
3 comments:
2 uit 5
die ratrace skemer deur. mooi verwoord. pupliseerbaar.
uiters skerp!, tussen hakkies(sal die wat clueless is steeds clueless bly)(en die wat horende doof is steeds doof bly) kom ons hou dit 'n geheim.....of nee
laat die wat kan hoor hoor
en die wat kan lees ...verstaan!
met begrip.
Post a Comment