ek’t jou party gemis
die invite
misgelees verlê
die fees is gevier
bier se borrel is op
musiek se note uitgeloop
dansende tango smeulend
gesus tot slaap
jou stem is stil
uitgewoed gedaan
nou sit ek hier
lam hokgeslaan
muurblomkleertjies aan
vingers kuis in my skoot
toegevou vasgeknoop
wonderwag wanneer
ek sal uittrek en was
die waarheid naak
in die water bekyk
ek sien jou nie meer
mis jou nog soms
onthou jou steeds
my tjom
bakgat verloor
3 comments:
my hart was maar seer met die lees hiervan. nostalgie by uitstek oor verlore geleentheid om lief te he kom so sterk deur, dit raas.
eenvoudig pragtig!
is sad, maar kan sien daar word steeds met 'n warm hart aan die maat gedink. regop sit teen die muur met die handjies in die skoot was tog ook half oulik
Post a Comment