Thursday, February 15, 2007

Saterdagskind [opgedra aan Ingrid Jonker]


hiperbool het

wit lewertjie

parabool

geraak


hiber-neer coolkoud

para-deer kookwarm

met ‘n g-string

deurgeskaaf


hiper hipper hipste

para parra onder graaf

tot in die bool se holte

tot in die see se loop



[dis nie 'n hartseer storie]

die antie sonne die pantie

het merrie oom op die partie

klein woensdag klein

saterdag laat word

[dis 'n skokkende verhaal]


5 comments:

Anonymous said...

Baie goed, maar nie my persoonlike smaak nie. Hou nie baie vd herhalende woordspelings met klanke nie. Laaste strofe werk uiters goed, skerp !!!

3 uit 5

Anonymous said...

ek dink hierdie gedig is heel besonders.ek voel hier die ritmes soos in haar "Bitterbessie dagbreek" waar herhaling juis effektief aangewend word.
wel gedaan.leesbaar ,publiseerbaar

(sou Ingrid kon skryf soos sy geskryf het as haar
pa minder afsydig teenoor haar was ?)

Annelie said...

Dat ek nou aanmekaar moet voel ek moet ook kommentaar!! DOEN versmakers dit - te kommentaar op hul eie verse? genade tog, dan maar net dit: ek weet bittermin van IJ - het wel Altyd Jonker einde 2006 op Stellenbosch in de oude Libertas ervaar, en was half deurmekaar geruk daardeur, so daarom en sekerlik nog omrede van heelwat ander goed ook, het ek die eers gister kon skryf. Nou weet julle dit, maar eintlik weet julle (of ons) nog steeds bitter min, amper niks. nee Kazi ek dink die antwoord is nee sy sou nie kon nie, sy sou bes moontlik nie nodig gehad het nie... weird nê, maar nouja dis ook maar net my mening :-)

Anonymous said...

die tydveskil maak my gek, kom heeltyd laaste op die blogplek.Moet bieg ken IJ van geen vaderskant wel vir AJ tot 'n mate goed.Het gedink dis vrek goed 'k like hom van bo tot onderuit!

Anonymous said...

sorry miskien net nog dit , die tannie sonder broek het my aandag afgetrek! moes toe nog 'n keer van voor na agter lees om die keer die eeste deel ook net weer te waardeer